25 March 2008

Wie se koerant lees jy?

Hierdie grappie het my aan die dink gesit:

--------------------- start of quote --------------------
Gister sien ek 'n Joodse vriend van my, Moshe, wat 'n Arabiese koerant lees.
Verbaas vra ek hom "Moshe, hoekom lees jy 'n Arabiese koerant?"

Moshe antwoord: "Ek het gewoonlik die Joodse koerant gelees, maar wat lees ek daar? Jode word vervolg en aangeval. Jode verdwyn deur vermenging en verbastering, Jode leef in armoede. Toe begin ek Arabiese koerante lees. En wat lees ek daar? Jode besit al die banke. Jode beheer die media. Jode is almal ryk en magtig en beheer die wêreldekonomie. Die nuus is alles net soveel beter."
---------------------- end of quote ---------------------

Wat doen goeie nuus aan jou?
Wat doen slegte nuus aan jou?
Hoe laat dit jou voel?
Hoe laat dit jou dink?
Hoe gaan dit jou optrede be-invloed?

Ek het vanoggend in die Beeld gelees oor moord en roof en ander sondes wat die wêreld 'n slegte plek maak.
Maar ek weet God se goeie nuus hou baie beter dinge in.
Nie net vir die hiernamaals nie, maar ook vir nou:
- Vryheid van bitterheid.
- 'n Hart wat kan gee en ryk voel.
- Viende en familie wat jou in jou behoeftes kan voorsien.
- Moed vir wanneer jy voel jy kan nie meer nie.
- Mense wat jou nodig het - vir wie jy iets beteken.

Om te veel van die verkeerde koerant te lees gaan jou BESLIS negatief be-invloed.