18 June 2008

Oor padvarke en beledigings

Vinnige Sarel het homself as ‘n goeie bestuurder beskou en het gereeld met sy oop sportmotor op grondpaaie gaan rondjaag vir “oefening” en pret. Een Saterdag kom hy weer met fyn beplande spoed af op ‘n skerp draai wat hy weet hoe om net reg te vat - so skeef dat die grond onder die wiele uitspuit. Skielik kom daar ‘n vrou van voor om die draai! Skoon aan die verkeerde kant van die pad! Sarel briek en swaai en mis haar met millimeters.
Toe die karre so by mekaar verby skuur skree die vrou vir Sarel: “Vark!!!

Nou ja, Vinnige Sarel reageer in millisekondes en skree terug: “Gaan bars!” terwyl sy humeur nog vlamvat. Hy kry sy kar onder beheer voor die draai. Die vermetelheid van so ‘n onbehendige vrou!! Sarel sit voet-in-die-hoek om sy verlore spoed te herwin. SY was die een aan die verkeeerde kant van die pad en dan noem sy HOM die vark!!
Met die presisie van ‘n tydrenjaer vat hy die draai -
die kar se agterkant so effe skuins uitgeswaai. Sarel voel ‘n bietjie beter - dis mos hoe dit gedoen moet word! Petrol plat getrap. Die wiele tol en die grond spuit. Bosse flits verby. Maar toe! Boem! Krêsj! Spat! Daar tref Sarel teen volle vaart die regte vark wat oor die pad loop (waarvoor die vrou natuurlik moes uitswaai)!

Lewenslesse:
1.
As iemand jou ‘n vark noem maar jy weet jy is nie, moet dan nie soos een optree nie…

2. As iemand van 'n vark praat en jy reageer
dan bewys jy hom reg en jy word die vark.

3. As jy nie die vark is nie,
moenie soos een op tree nie,
anders word jy die een wat gaan bars!


Vir meer lewens verrykende stories, gaan kyk op my vriend Willem se web by http://raised2serve.co.za/category/afrikaans/