08 September 2008

Die Amptelike Wilde Woordeboek-hasie

Kansellasie = haas op podium
Animasie = haas wat glo geeste laat dooie goed beweeg
Navigasie = sedelose lewenstyl wat lei tot VIGS in hase
Situasie = opdrag om jou troeteldier stil te hou
Oksidasie = geroeste rooi/bruin haas
Blokasie = kubiese haas
Operasie = haas wat goed sing
Menasie = manlike haas
Bagasie = haas in sak
Inflamasie = sagte gebraaide vleis by gewilde eetplek
Inspirasie = haas in 'n gewilde eet plek
Spinhasie = haas wat bande laat rook (met dun arms soos Popeye s'n)



Wat noem jy ...

'n hasie in die hospitaal? ... oper-hasie
'n siek hasie? ... Inflam-hasie
'n hasie in die Spur? ... inspur-hasie
'n hasie wat te veel geëet het in die Spur? ... (s)purg-hasie
'n hasie wat val? ... gravit-hasie
'n hasie wat vassit in 'n pyp? ... blok-hasie
'n hasie in 'n tuimeldroër? ... spin-hasie
'n hasie wat groei? ... infl-hasie
'n hasie in die kattebak? ... bag-hasie
'n hasie met Issues? ... Emotionele Bag-hasie
'n hasie wat iets vier? ... celebr-hasie
'n honger hasie in die army? ... men-hasie
'n deurskynende hasie? ... 'n Sp-hasie
'n harde deurskynende hasie? ... 'n Gl-hasie
'n hasie met GPS? ... navig-hasie
'n rugby hasie (Naas uitgelsuit)? ... Paas-hasie
'n hasie wat koud kry? ... Vibr-hasie
'n Hasie wat uitasem is? ... Bl-hasie
'n Hasie met styl? ... Classy
'n Halwe hasie? ... 'n Sie
'n Walt Disney Hasie? ... Anim-hasie
'n Vuvuzela Hasie? ... Ger-hasie
'n klomp hasies wat aanteel? ... N-hasie
'n hasie op 'n telefoon? ... Kommunik-hasie
'n losbandige hasie? ... Flirt-hasie
'n geel hasie? ... 'n K-hasie
'n rooi/bruin hasie? ... Oksid-hasie
'n hasie wat preek? ... 'n kansel-hasie
'n Hasie wat boer? ... Pl-hasie
'n hasie wat oorsee gaan? ... Emmigr-hasie
een wit hasie tussen tien swart hasies? ... Bhasie

iemand wat heeltyd hasie grapies vertel? ... Irit-hasie


As jy nog het om by te voeg - gebruik die "Comments" hier onder ...

02 September 2008

Hoop en armoede in Zululand

My broer kry te doen met baie armoede in die Zulu-platteland naby Hluhluwe en Sodwana. Hulle kry egter ook die geleentheid om baie hoop te sien en bemoediging te bring. Hier is 'n stukkie uit hul nuusbrief:
Die bidgroepie [kinders by die dorp laerskool] het die afgelope jaar hul sakgeld saamgesit en verlede week toe 2 kospakkies gaan koop vir 2 arm gesinne. Die 11 kinders is toe saam om dit een middag te gaan gee. Die eerste vrou het nie eens 'n deur voor haar hut nie, maar sy is so netjies en hoopvol en vol smiles. En soooo bly oor die kos, want daar was weer net "monkey appels" onder die boom wat sy eet [wat ons in Malawi dzai noem; in Afr. botterklappers of houtappels]. Die Zulukinders in die bidgroepie was self verbaas om sulke armoede te sien. Toe ons wegry, sê die een gr. 6 Zulu-seun:
"I thought that I was poor because I have no Dad and stay in a 2-room house, but now God opened my eyes to see that I am so blessed and He loves me so much."

By die ander huis is die 2 "gogos" [oumas] se erf maar vuil en mens voel aan dat daar 'n hopelose atmosfeer is. Tog het hul een _15_ jarige kleinseun sy eie huis langs sy ouma s'n gebou en wys ons toe trots daarop. Dit het 'n groot indruk op die seuns in die groep gemaak.
God is so getrou dat ons steeds die 80 families kan help met "harvest feeding" projek [noem dit deesdae "Siza Bonke Feeding"]. Net soos die laaste klere en kos uitgedeel word, dan kom die volgende weer in.

Ons weet so min van wat aangaan in huise binne 10km van waar ons bly en ry. Hulle deel telkens stories wat so aan my hart vat en my aan moedig om te kyk waar ek ook vir mense in nood kan help. En dit laat my so nederig voel oor die geweldige rykdom waarin ek leef (en dan nog kla).