30 September 2009

'n Paar eksamenflaters uit die Sondagskool

* Adam en Eva is geskape uit 'n appelboom.

* Lot se vrou was bedags 'n soutpilaar, maar 'n bol vuur in die nag.

* Ongesuurde brood is brood wat sonder bestanddele gemaak is.

* Die Dooie See word so genoem omdat al die Egiptenare daarin verdrink het.

* Moses het gesterf voordat hy oor die Vaalrivier kon gaan.

* Doen aan 'n ander voordat hulle dit aan jou doen.

* Die mens sal nie van sweet alleen leef nie.

* Johannes was een van die twaalf desibels.

29 September 2009

Kanada nuus

Vandat ons in Kanada bly, pos ek meeste van my persoonlike nuus op FaceBook.
Laat 'n "comment" as jy na ons foto's wil kyk.

18 February 2009

Nogtans sal ek jubbel!!

Maandag die bakkie verkoop, en vandag pak die ander kar op.
Dis chaos en ons moet baie dinge gaan doen - nou sonder vervoer!
Ontdek ook vandag my kredietkaart is missing - bel om hom te stop - blykbaar is daar reeds 'n volgende een by die bank.
Die huis is chaos met helfte van ons goed wat nou gepak en getrek word.
Die werk is chaos met 3 groot kliente wat in krisis-bestuur hardloop en dringende ondersteuning benodig.
Soek steeds huurders vir die huis.
Die admin en tax goed wat ons moet oorgee werk nie uit nie...
ens...

Maar as my lewe in God se hande is, dan kan ek mos vertrou en glo! Al moet ek spring om alles gedaan te kry, en foute maak, en ontdek ek kan meer ysters in die vuur hanteer as wat ek gedink het nou terwyl dit moet ...
So groei ons
en die lewe is 'n avontuur
met God aan die stuur.

Ek is so opgewonde oor Kanada toe gaan -vir die eerste keer voel ek baie sterk: "Jesus, ek wil nie nou hemel toe gaan nie - eers Kanada asb.?"

Kyk na God en Sy hart, en jy weet die lewe (al is dit net 'n kort stukkie) is die moeitewerd!

17 February 2009

Kar verkoop

Vir die eerste keer sedert die laat 80'er jare, het ek 'n kar verkoop gekry! Al die ander voetuie wat ek gehad het, het op een of ander wyse gesneuwel, voor ek by verkoop uitgekom het.
Twee is gesteel, een het tussen 'n lorrie en 'n taxi geland en 'n ander een is weg met 'n gewapende roof. Ek het darm al die motors oorleef - soos jy seker kon raai!

Toe moet ek my lekker petrolsuiper van 'n Toyota bakkie verkoop en adverteer oral op die web en ry na die handelaars. Vinnig het ek 3 ouens gekry wat my bank besonderhede vra om in te betaal nog voor hulle die bakkie gesien het. Gelukkig het ek al ervaring van geld wat inbetaal word en dan weer verdwyn uit jou rekening. Nie een van die 3 was dapper genoeg om te kom gesig wys nie.

Die handelaars bied baie min aan in hierdie swak tye - maar ek kan nog nie verstaan hoe hulle dit regverdig om sommer net 50% van die groothandelprys aan te bied nie. Ek dag dan die "boekie" pryse is gebasseer op di vorig maand se werklike verkope? Kan iemand my dalk beter inlig? Tans is dit baie meer ekonomies as jou voertuig verongeluk of gesteel raak, as om dit te verkoop!

Uiteindelik kry ek toe 'n Zimbabwer wat belangstel. my vooropgestelde idees oor Zimbabwers wat hier besigheid doen is nie baie goed nie. Boonop daag hulle 3-sterk op net om te kom kyk. Die volgende dag deponeer hulle 'n R10 000 deposito in my rekening - en dit sĂȘ nogal "kontant" op die bankstaat. Die Saterdag is hulle te laat om die res by my in my bank te kom deponeer. Ek hou hul op 'n afstand tot Maandag toe hulle met amper al die res van die geld opdaag.

My versoek vir 'n paar biljoen Zim dollers het egter op dowe ore geval. Hulle gee 'n mengsel van ZAR en US$ wat deur die bank aanvaar word. Die res van die dag jaag hulle rond om die laaste klompie geld bymekaar te maak - en so teen 16h00 kry ek hulle weer by 'n handelaar waar die transaksie beklink word.

Dit blyk dat hierdie Zim klante toe nie skurke is nie, maar 'n vervoer besigheid tussen SA en Zim bedryf - en 'n betroubare bakkie benodig het. Hulle het g'n Zim dollers nie, want hulle werk net 'n buitelandse valuta. Nou weet ek ook 'n biki meer oor hoe Zimbabwers oorleef.

Ek is baie verlig en bly die transaksie is agter die rug. Nou hoop ek net dat voertuig registrasie suksesvol gaan verloop...