08 September 2008

Die Amptelike Wilde Woordeboek-hasie

Kansellasie = haas op podium
Animasie = haas wat glo geeste laat dooie goed beweeg
Navigasie = sedelose lewenstyl wat lei tot VIGS in hase
Situasie = opdrag om jou troeteldier stil te hou
Oksidasie = geroeste rooi/bruin haas
Blokasie = kubiese haas
Operasie = haas wat goed sing
Menasie = manlike haas
Bagasie = haas in sak
Inflamasie = sagte gebraaide vleis by gewilde eetplek
Inspirasie = haas in 'n gewilde eet plek
Spinhasie = haas wat bande laat rook (met dun arms soos Popeye s'n)



Wat noem jy ...

'n hasie in die hospitaal? ... oper-hasie
'n siek hasie? ... Inflam-hasie
'n hasie in die Spur? ... inspur-hasie
'n hasie wat te veel geëet het in die Spur? ... (s)purg-hasie
'n hasie wat val? ... gravit-hasie
'n hasie wat vassit in 'n pyp? ... blok-hasie
'n hasie in 'n tuimeldroër? ... spin-hasie
'n hasie wat groei? ... infl-hasie
'n hasie in die kattebak? ... bag-hasie
'n hasie met Issues? ... Emotionele Bag-hasie
'n hasie wat iets vier? ... celebr-hasie
'n honger hasie in die army? ... men-hasie
'n deurskynende hasie? ... 'n Sp-hasie
'n harde deurskynende hasie? ... 'n Gl-hasie
'n hasie met GPS? ... navig-hasie
'n rugby hasie (Naas uitgelsuit)? ... Paas-hasie
'n hasie wat koud kry? ... Vibr-hasie
'n Hasie wat uitasem is? ... Bl-hasie
'n Hasie met styl? ... Classy
'n Halwe hasie? ... 'n Sie
'n Walt Disney Hasie? ... Anim-hasie
'n Vuvuzela Hasie? ... Ger-hasie
'n klomp hasies wat aanteel? ... N-hasie
'n hasie op 'n telefoon? ... Kommunik-hasie
'n losbandige hasie? ... Flirt-hasie
'n geel hasie? ... 'n K-hasie
'n rooi/bruin hasie? ... Oksid-hasie
'n hasie wat preek? ... 'n kansel-hasie
'n Hasie wat boer? ... Pl-hasie
'n hasie wat oorsee gaan? ... Emmigr-hasie
een wit hasie tussen tien swart hasies? ... Bhasie

iemand wat heeltyd hasie grapies vertel? ... Irit-hasie


As jy nog het om by te voeg - gebruik die "Comments" hier onder ...

1 comment:

Jack Crooked said...

jy n stoute haasie?... 'n Naazi
n vinnige wit hasie? mastrebasie
(jammer die laste een was vuil)