Die bidgroepie [kinders by die dorp laerskool] het die afgelope jaar hul sakgeld saamgesit en verlede week toe 2 kospakkies gaan koop vir 2 arm gesinne. Die 11 kinders is toe saam om dit een middag te gaan gee. Die eerste vrou het nie eens 'n deur voor haar hut nie, maar sy is so netjies en hoopvol en vol smiles. En soooo bly oor die kos, want daar was weer net "monkey appels" onder die boom wat sy eet [wat ons in Malawi dzai noem; in Afr. botterklappers of houtappels]. Die Zulukinders in die bidgroepie was self verbaas om sulke armoede te sien. Toe ons wegry, sĂȘ die een gr. 6 Zulu-seun:
"I thought that I was poor because I have no Dad and stay in a 2-room house, but now God opened my eyes to see that I am so blessed and He loves me so much."
By die ander huis is die 2 "gogos" [oumas] se erf maar vuil en mens voel aan dat daar 'n hopelose atmosfeer is. Tog het hul een _15_ jarige kleinseun sy eie huis langs sy ouma s'n gebou en wys ons toe trots daarop. Dit het 'n groot indruk op die seuns in die groep gemaak.
God is so getrou dat ons steeds die 80 families kan help met "harvest feeding" projek [noem dit deesdae "Siza Bonke Feeding"]. Net soos die laaste klere en kos uitgedeel word, dan kom die volgende weer in.
Ons weet so min van wat aangaan in huise binne 10km van waar ons bly en ry. Hulle deel telkens stories wat so aan my hart vat en my aan moedig om te kyk waar ek ook vir mense in nood kan help. En dit laat my so nederig voel oor die geweldige rykdom waarin ek leef (en dan nog kla).
No comments:
Post a Comment