08 September 2008

Die Amptelike Wilde Woordeboek-hasie

Kansellasie = haas op podium
Animasie = haas wat glo geeste laat dooie goed beweeg
Navigasie = sedelose lewenstyl wat lei tot VIGS in hase
Situasie = opdrag om jou troeteldier stil te hou
Oksidasie = geroeste rooi/bruin haas
Blokasie = kubiese haas
Operasie = haas wat goed sing
Menasie = manlike haas
Bagasie = haas in sak
Inflamasie = sagte gebraaide vleis by gewilde eetplek
Inspirasie = haas in 'n gewilde eet plek
Spinhasie = haas wat bande laat rook (met dun arms soos Popeye s'n)



Wat noem jy ...

'n hasie in die hospitaal? ... oper-hasie
'n siek hasie? ... Inflam-hasie
'n hasie in die Spur? ... inspur-hasie
'n hasie wat te veel geëet het in die Spur? ... (s)purg-hasie
'n hasie wat val? ... gravit-hasie
'n hasie wat vassit in 'n pyp? ... blok-hasie
'n hasie in 'n tuimeldroër? ... spin-hasie
'n hasie wat groei? ... infl-hasie
'n hasie in die kattebak? ... bag-hasie
'n hasie met Issues? ... Emotionele Bag-hasie
'n hasie wat iets vier? ... celebr-hasie
'n honger hasie in die army? ... men-hasie
'n deurskynende hasie? ... 'n Sp-hasie
'n harde deurskynende hasie? ... 'n Gl-hasie
'n hasie met GPS? ... navig-hasie
'n rugby hasie (Naas uitgelsuit)? ... Paas-hasie
'n hasie wat koud kry? ... Vibr-hasie
'n Hasie wat uitasem is? ... Bl-hasie
'n Hasie met styl? ... Classy
'n Halwe hasie? ... 'n Sie
'n Walt Disney Hasie? ... Anim-hasie
'n Vuvuzela Hasie? ... Ger-hasie
'n klomp hasies wat aanteel? ... N-hasie
'n hasie op 'n telefoon? ... Kommunik-hasie
'n losbandige hasie? ... Flirt-hasie
'n geel hasie? ... 'n K-hasie
'n rooi/bruin hasie? ... Oksid-hasie
'n hasie wat preek? ... 'n kansel-hasie
'n Hasie wat boer? ... Pl-hasie
'n hasie wat oorsee gaan? ... Emmigr-hasie
een wit hasie tussen tien swart hasies? ... Bhasie

iemand wat heeltyd hasie grapies vertel? ... Irit-hasie


As jy nog het om by te voeg - gebruik die "Comments" hier onder ...

02 September 2008

Hoop en armoede in Zululand

My broer kry te doen met baie armoede in die Zulu-platteland naby Hluhluwe en Sodwana. Hulle kry egter ook die geleentheid om baie hoop te sien en bemoediging te bring. Hier is 'n stukkie uit hul nuusbrief:
Die bidgroepie [kinders by die dorp laerskool] het die afgelope jaar hul sakgeld saamgesit en verlede week toe 2 kospakkies gaan koop vir 2 arm gesinne. Die 11 kinders is toe saam om dit een middag te gaan gee. Die eerste vrou het nie eens 'n deur voor haar hut nie, maar sy is so netjies en hoopvol en vol smiles. En soooo bly oor die kos, want daar was weer net "monkey appels" onder die boom wat sy eet [wat ons in Malawi dzai noem; in Afr. botterklappers of houtappels]. Die Zulukinders in die bidgroepie was self verbaas om sulke armoede te sien. Toe ons wegry, sê die een gr. 6 Zulu-seun:
"I thought that I was poor because I have no Dad and stay in a 2-room house, but now God opened my eyes to see that I am so blessed and He loves me so much."

By die ander huis is die 2 "gogos" [oumas] se erf maar vuil en mens voel aan dat daar 'n hopelose atmosfeer is. Tog het hul een _15_ jarige kleinseun sy eie huis langs sy ouma s'n gebou en wys ons toe trots daarop. Dit het 'n groot indruk op die seuns in die groep gemaak.
God is so getrou dat ons steeds die 80 families kan help met "harvest feeding" projek [noem dit deesdae "Siza Bonke Feeding"]. Net soos die laaste klere en kos uitgedeel word, dan kom die volgende weer in.

Ons weet so min van wat aangaan in huise binne 10km van waar ons bly en ry. Hulle deel telkens stories wat so aan my hart vat en my aan moedig om te kyk waar ek ook vir mense in nood kan help. En dit laat my so nederig voel oor die geweldige rykdom waarin ek leef (en dan nog kla).

26 August 2008

Almost caught by a deposit/refund scam


I was almost caught by one of those "we paid too much into your account, please refund me"-scams. Here is my experience:

I complained twice to Telkom because they are overcharging me since April for my doBroadband connection. (I'm still waiting for them to come back about the issue.)

On Monday 18 Aug. 2008 at last a "Telkom" representative calling himself "Collen" (sic) phoned me, apologizing very nicely (like only Telkom can do for their bad service) about overcharging me for another service (that I did not complain about). I was much relieved that Telkom started doing something and promptly supplied my bank account details.

On Thu. 21 Aug. "Collen" phoned again with a big problem - they have accidentally paid R52000 instead of R2000 back into my account.
Checking my account did show the amount!
He asked for a refund, and faxed his banking details on an official looking form from "Telkom Billing Inspectorate".

By now I realized what was going on. I was playing for time while trying to get the SAPS on the case. So we had quite a few calls.
I think "Collen" works on a Thursday to give him 2 days to pressure you into paying him back, before you discover on Monday that the deposit was a stolen cheque. By Friday he became very adamant to get our faxed proof of payment. His arguments for the urgency became more far fetched!
When we got tired, we just told him the truth and to forget it - and he stopped calling.
It seems SAPS must wait until he has successfully robbed a sucker before they can lock him up.

I think it is OK to supply banking dtails to these criminals -even if they are false. At least it would keep them busy and away from other victims for a short while.
So I kept him busy, he wasted phone and fax costs, exposed his illegal FNB account and lost his stolen cheque. Hopefully, that saved one other sucker from his claws.

SAPS:
The local police station yielded mixed results - they are too busy with physical cases to look into fraud.
CrimeStop at 08600 10 111 didn't answer - but came back later.
The Commercial Branch at (012) 393 2108 was very much interested and immediately sent men to me to collect the information and opened a case.
The Crime Intelligence Division was also interested to take the case.
The Banks' Sabric.co.za at 011 847-3151/28 collected all the info of the case.


Searching the internet revealed many similar cases over the last few years.
It sounds as if he was "Daniel" in the West Cape a while ago.
Apparently they also abuse SARS for such scams, or even any unknown business.

The background noise at "Collen" sounded like a busy call center - especially in the afternoon calls - could have been an internet cafe.
He sounded like a black man, speaking reasonable SA English but with a slurring "R" - almost like a Boland "brei" - that might indicate a French connection.
His cell number is/was 073-021-9458 - he still answered our calls on 25 Aug.
Feel free to call him to confirm the incident and give him any advice if you want to.
His fax2email number is 0866601162 at CoinTel
The "Telkom" fax he sent contains false phone numbers.



See also:
http://www.saps.gov.za/org_profiles/core_function_components/commercial/deposit_scam.htm

18 June 2008

Oor padvarke en beledigings

Vinnige Sarel het homself as ‘n goeie bestuurder beskou en het gereeld met sy oop sportmotor op grondpaaie gaan rondjaag vir “oefening” en pret. Een Saterdag kom hy weer met fyn beplande spoed af op ‘n skerp draai wat hy weet hoe om net reg te vat - so skeef dat die grond onder die wiele uitspuit. Skielik kom daar ‘n vrou van voor om die draai! Skoon aan die verkeerde kant van die pad! Sarel briek en swaai en mis haar met millimeters.
Toe die karre so by mekaar verby skuur skree die vrou vir Sarel: “Vark!!!

Nou ja, Vinnige Sarel reageer in millisekondes en skree terug: “Gaan bars!” terwyl sy humeur nog vlamvat. Hy kry sy kar onder beheer voor die draai. Die vermetelheid van so ‘n onbehendige vrou!! Sarel sit voet-in-die-hoek om sy verlore spoed te herwin. SY was die een aan die verkeeerde kant van die pad en dan noem sy HOM die vark!!
Met die presisie van ‘n tydrenjaer vat hy die draai -
die kar se agterkant so effe skuins uitgeswaai. Sarel voel ‘n bietjie beter - dis mos hoe dit gedoen moet word! Petrol plat getrap. Die wiele tol en die grond spuit. Bosse flits verby. Maar toe! Boem! Krêsj! Spat! Daar tref Sarel teen volle vaart die regte vark wat oor die pad loop (waarvoor die vrou natuurlik moes uitswaai)!

Lewenslesse:
1.
As iemand jou ‘n vark noem maar jy weet jy is nie, moet dan nie soos een optree nie…

2. As iemand van 'n vark praat en jy reageer
dan bewys jy hom reg en jy word die vark.

3. As jy nie die vark is nie,
moenie soos een op tree nie,
anders word jy die een wat gaan bars!


Vir meer lewens verrykende stories, gaan kyk op my vriend Willem se web by http://raised2serve.co.za/category/afrikaans/

28 May 2008

Xenophobia se voet! Wat die media nie vertel nie.

As jy wil weet wat werklik gebeur, help die media nie altyd nie. Die media kondisioneer ons om sekere goed te WIL glo. Onthou: Hulle bied inligting op so 'n manier aan dat hulle meer geld uit jou kan maak .

Vir die waarheid, gesels met die mense op grondvlak. Die meeste koerant berigte bevat foute (soms ernstig) wat deur mense wat self by die insident betrokke was uitgewys kan word. Moenie sommer enige storie glo nie. (Ja, toets ook my stories voor jy dit glo!)

Ware storie:
Ons bejaarde huisbediende vertel dat in haar tuisdorp (in Noord-Wes naby Brits) is die handelaars aangeval en verjaag en al die winkels geplunder. Daar was geen xenophobia nie - die handelaars is almal Suid-Afrikaanse Indiërs!
In hul buurdorp het dit effe meer beskaafd gebeur: Die "vigilantes"/tsotsis het die handelaars 5 dae waarskuwing gegee - en teen laasweek Maandag het die hele lot gevlug.

Nou sit groot gemeenskappe sonder winkels en brood en alle kos moet in Brits gekoop gaan word. Vra hulle wie die opstokers was, is die mense weg en onbekend.

Dit is g'n xenophobia, dis eenvoudig arm en kriminele mense wat die rykes aanval!

Die media se spin op stories:
56 mense dood in twee weke - dis verskriklik.
35 000 uit hul huise en werke gejaag - dis nog erger.
Dan praat niemand eers van al die beserings en mense wat permanent vermink is nie.
Maar dit vergelyk glad nie met die 50 mense per dag wat in SA vermoor word nie, want dan is hierdie sensasie minder.

SA se moordsyfer het sedert 1994 vanaf 70 na 40 per 100 000 in 2006 verminder.
(In Swaziland het dit oor 'n ietwat langer tyd geval van 90 na 13. Brasilië, wat ook bekend is vir hul gewelddadige misdaad, se moordsyfer is 28 per 100 000.)
Nou weet ek nie wie ek moet glo nie: Die polisie se statistiek (wat hulle nou baie beter beheer as in die verlede) of die media wat dit duidelik maak dat dinge al hoe erger word.
My persoonlike ervaring is dat al hoe meer persoonlike vriende en familie vermoor en aangeval word - dit is onafhanklik van media verslae. Die polisie erken egter dat SA se gewelddadige rooftogte steeds besig is om toe te neem. Ek weet dus steeds nie wat regtig die waarheid is nie.

Nog 'n voorbeeld van media geskepte persepsies: Om te veralgemeen dat Nigeriërs die groot kriminele in SA is, is 'n baie populêre siening aangevuur deur media berigte. Maar in Pretoria se middestad is daar verskeie groot kerke wat deur Nigeriese sendelinge hier gestig is. Die grootste kerke in Afrika is in Nigerië.


Wat is die antwoord?

Ek kan baie maklik nog baie meer kritiseer, maar die situasie word nie deur afbrekende kritiek verbeter nie.
'n "Golden bullet" wat skielik alles gaan regkry bestaan nie. Maar jy kan by jouself begin.
Iemand vertel my dat misdaad reg kry wat die kerk nie kon reg kry nie: bure kom bymekaar uit en mense bid soos nooit te vore nie!

Meeste van die Bybelse voorskrifte vir die lewe is daarop gemik om 'n samelewing te skep waar voorspoed en geluk kan heers. Gebruik die Bybel om die maksimum uit die lewe te kan put.

- Kry jou gemoed skoon. Vergewe waar jy moet.
- Kyk waar jy iets positiefs kan doen vir iemand anders. Iewers gaan jy weer aan die ontvang kant wees.
- Leef 'n gesindheid van hoop uit sodat geleenthede benut kan word.
- Moenie misdaad en bedrog laat verby gaan sonder om dit minstens te rapporteer nie.

Geniet die lewe - al is dit nie regverdig nie - want God is genadig!


NS:
'n Interessante feit oor immigrante:
Buitelanders (feitelik oral in die wêreld) is gewoonlik die deel van die populasie met meer inisiatief en idees en opleiding en werksywer. Die plaaslike bevolking wat mooi stabiel is doen gewoonlik minder om hul eie lot te verbeter. Ons sit en wag vir die regering om iets te doen, wat gewoonlik ook nie na ons smaak is nie.

23 May 2008

Another take on Xenophobia (foreigner hatred) in SA

We all mourn the attacks on foreigners. This morning the death toll was reported to exceed 40, with hunderds more injured and thousands fleeing. There is an answer.

For another perspective: I've received this in e-mail - apparently written by a Venda person:



I might not be a South African
But I'm black, my skin is the same as yours
My colour is the same as yours
My genes are African, nothing but African
When your leaders were beaten by whites
I was there to shelter them
I was patient with them
I offered them food, shelter,
Most of all, I offered them protection

I might be a South African

I can't speak Zulu, cause I'm Vhenda
I can't speak Zulu, cause I'm Shangaan
I don't know what an elbow is in Zulu
As much as you don't know it in my language
Since when was Zulu the only South African language?
Yes...............I'm not from Gauteng
I was not born here, but I'm South African
Where should I go if you beat me
I'm not beating your father, mother, brother or sister who works at my
area in the mines
I'm not calling them makwerekwere though they can't speak my language.

I might be dark in complexion

I might have the foreigners looks
I might have the foreigners body structure
Now I am scared to go to the only place that I call home
I'm scared of working down the street without my ID
Whites wanted me to do that centuries ago
Now you, my black brother is acting white

Why should you Black South Africans do this?

What makes you think that you better than me?
Who told you that I'm responsible for your unemployment?
Who told you that I'm less human?

If I need to go back to Vhenda........let all the Zulus go back to KZN
Let all the Tswana's go back to Botswana
Let all the Sotho's go back to Lesotho
Let all the Ndebele's go back to Kwandebele
Let all the Xhosa's go back to Eastern Cape
Yes............let all the Swati's go back to Swaziland

Is this not ignorance?

Your unemployment is your responsibility
Use your intellect
Get up and work
Let education empower you
Seek humanity

Before 1994 you blamed whites
Now you are blaming me
Who are you going to blame after chasing me away?
Who are you going to blame after killing me?

For what it's worth.......................

I'm sorry I was not born here
I'm sorry I can't speak Zulu
I'm sorry for being too dark for your Joburg
I'm sorry for cleaning the toilets you don't want to clean
I'm sorry for doing your garden
I'm sorry for repairing your shoes
I'm sorry for protecting your leaders while they were in Exile

Yes.....................what you call Exile...........is my country

And most of all.......I'm sorry for building South African
infrastructure

Please my brothers let there be peace and prosperity amongst black
African people.



Hatred is not going to get us anywhere.
Blame shifting
is not going to get us anywhere.

Love and help with compassion change people.
Honest work and people with integrity change the society.

Pray for South Africa. God wants to do miracles as He has done in the past.

25 March 2008

Wie se koerant lees jy?

Hierdie grappie het my aan die dink gesit:

--------------------- start of quote --------------------
Gister sien ek 'n Joodse vriend van my, Moshe, wat 'n Arabiese koerant lees.
Verbaas vra ek hom "Moshe, hoekom lees jy 'n Arabiese koerant?"

Moshe antwoord: "Ek het gewoonlik die Joodse koerant gelees, maar wat lees ek daar? Jode word vervolg en aangeval. Jode verdwyn deur vermenging en verbastering, Jode leef in armoede. Toe begin ek Arabiese koerante lees. En wat lees ek daar? Jode besit al die banke. Jode beheer die media. Jode is almal ryk en magtig en beheer die wêreldekonomie. Die nuus is alles net soveel beter."
---------------------- end of quote ---------------------

Wat doen goeie nuus aan jou?
Wat doen slegte nuus aan jou?
Hoe laat dit jou voel?
Hoe laat dit jou dink?
Hoe gaan dit jou optrede be-invloed?

Ek het vanoggend in die Beeld gelees oor moord en roof en ander sondes wat die wêreld 'n slegte plek maak.
Maar ek weet God se goeie nuus hou baie beter dinge in.
Nie net vir die hiernamaals nie, maar ook vir nou:
- Vryheid van bitterheid.
- 'n Hart wat kan gee en ryk voel.
- Viende en familie wat jou in jou behoeftes kan voorsien.
- Moed vir wanneer jy voel jy kan nie meer nie.
- Mense wat jou nodig het - vir wie jy iets beteken.

Om te veel van die verkeerde koerant te lees gaan jou BESLIS negatief be-invloed.